Hoe beskryf die Bybel die "WESE" van God?
a. Deut. 6:4-9 - "Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n ENIGE HERE. Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet 1in jou hart wees; en jy moet 2dit jou kinders inskerp en 3daaroor spreek as jy in jou 4huis sit en as jy op pad is en as jy 5gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as 6'n teken bind op jou hand, en dit moet as 'n 7voor-hoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die 8deurposte van jou huis en op jou 9poorte skrywe."
b. Mark. 12:28-30 - "En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy (Jesus) hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal? En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n ENIGE HERE; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod."
Let Op: Jesus gebruik die beskrywing waarmee God HOMSELF aan Israel openbaar. Hierdie openbaring is die Groot Gebod en vorm die basis van Israel se geloofsbelydenis maar ook hulle totale bestaan. Hierdie beskrywing van God staan bekend as: MONOTEÏSME. Hierdie woord is afgelei van die Griekse woorde: MONOS = EEN en THEOS (GOD). Die definisie vir monoteïsme is: Die geloof in die bestaan van slegs een God!
c. Joh. 17:1-8 - Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik — soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die ENIGE WAARAGTIGE GOD, en Jesus Christus wat U gestuur het. Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. Ek het u Naam (Verlosser - Matt. 28:19; Jes. 52:6-10; 63:16) geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. Nou weet hulle dat ALLES wat U My gegee het, van U kom. Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
Nota: Hier lewer Jesus nog 'n getuienis dat God in wese 'n ENIGE WAARAGTIGE GOD is en dat Hy van God uitgegaan het. Die woorde "Ek het van U uitgegaan" word deur die Drie-Eenheidleerstelling gesien as 'n "Ewige Seun" wat van altyd af een van die drie persone in die Godheid is.
Let Op! Jesus verander nie aan die monoteïstiese beskrywing
waarmee God Homself aan Israel geopenbaar het nie, ongeag die feit dat HY self verklaar: "Ek het van God uitgegaan." Die vraag is: Waarom verwys Jesus nie reeds hier na die Godheid as 'n Drie-Enige Here nie? Onthou! God se Woord bly onveranderlik!
d. 1 Kor. 8:4, 6 - "Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat 'n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een. Tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom".
- Ons moet onthou dat die woord Christus "GESALFDE" beteken. Jesus ontvang hierdie titel reeds in Matt. 1:1: "Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham" - verwysende na die vleeslike geslagslyn. Dit is die vervulling van Jes. 61:1 wat verklaar: "Die Gees van die Here HERE (die Heilige Gees) is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis".
e. Jak. 2:19 - "Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder." Wie ken God beter as die duiwel en hy glo ook "dat God een is".
f. Efe. 4:5, 6 - "Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof een doop".
g. Mal. 2:10 - "Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?
h. Deut. 4:39 - "Daarom moet jy vandag weet en ter harte
neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie".
i. Job 23:13 - (sien ISV) "Maar Hy bly onveranderlik Een— wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy".
Uit al hierdie skrifte word die terminologie "Een God of God is Een" gebruik. Dit bring ons by die volgende vraag!
As die Bybel op soveel plekke verklaar dat God "EEN/ENIG" is, waarom aanvaar en glo die algemene kerkwêreld dat God in wese Drie-Enig is?
Om hierdie vraag te antwoord moet ons terug gaan na die geskiedenis van die vroeë kerk. Die kwessie van die Godheid en die verklaring daarvan is al vir baie jare 'n belangrike punt van bespreking. Dit blyk uit Kerkgeskiedenis dat hierdie kwelvraag terug dateer na die jaar 325 nC, waar na beraming tussen 220-318 Biskoppe uit alle dele van die Christen-gemeenskap by die Konsilie van Nicea 'n oplossing vir hierdie kwessie gesoek het. Dit was 'n EKUMENIESE KERKVERGADERING waarvan die hoofpunt op die sakelys die bespreking van Arianisme was, onder voorsitterskap van Keiser Konstantyn wat self 'n Christen geword het.
Arianisme handel oor die leerstelling van Arius, 'n priester uit Alexandrië wat verkondig het dat Christus nie van dieselfde wese as God die Vader is nie, maar 'n geskape wese is - dus ondergeskik aan God!
Tydens hierdie vergadering word die volgende besluite geneem:
Gedurende hierdie tyd het die invloed van die formuleringe van Tertullianus se Drie-Eenheidsleer, reeds begin om byval te vind by kerkleiers. Alhoewel SY WERK nie direk gedurende hierdie vergadering van Nicea (325nC) gesiteer (cited) is nie, het sy taal en konsepte van die Godheid wel by 'n tweede vergadering, nl. die Konsilie van Konstantinopel in 381 nC 'n groot invloed uitgeoefen.
Latynse woorde soos "Substantia”, “Persona” en “Trinitas" het later die grondslag vir die Drie-Eenheidsleer geword. Sy analogie van 'n fontein, rivier en stroom waarmee hy die Drie-Eenheid vergelyk het, het later jare groot byval gevind in die finale formulering van die Drie-Eenheidsleer. Hy het verklaar dat die fontein die Vader voorstel, Jesus die rivier is en die Heilige Gees die stroom. By hierdie vergadering was die leerstelling van Tertullianus en sy teologiese en terminologiese grondslag VIR DIE DRIE-EENHEIDSLEER vasgelê, waarop die kerk later voortgebou het.
Uit navorsing wat Prof. H.F. Stander gedoen het, skryf hy in sy boek "Die Besondere Gawes van die Heilige Gees in die EERSTE VIER EEUE nC" (bl. 13); die volgende: "Hierdie jaartal (381 nC) is die datum van die Eerste Vergadering van Konstantinopel. By hierdie vergadering is die leer van die Drie-Eenheid gehandhaaf en is daar finaal gebreek met diegene wat hulle nie by die leer van die Drie-Eenheid wou neerlê nie. Whiston (1667-1752), wie se simpatie veel eerder lê by hulle wat die leer van die Drie-Eenheid teengestaan het, beskou derhalwe die jaar 381nC as die jaar waarin dwaling finaal die oorhand in die Kerk gekry het".
Prof. Stander gee ook vir ons inligting m.b.t. Tertullianus se agtergrond en sy invloed: "Tertullianus is teen die middel van die tweede eeu nC in Carthage gebore. Hy het 'n goeie akademiese opleiding gehad en hy het waarskynlik as regsgeleerde gepraktiseer. Tertullianus se ouers was heidene en hy het 'n losbandige lewe gelei. In 193 nC het hy tot bekering gekom en daarna sy deskundigheid in die diens van die Christelike geloof aangewend. “In 207 nC het Tertullianus by die Montaniste aangesluit. Hy het tot so 'n mate sy eie stempel op hierdie groep afgedruk dat die Montaniste van Noord-Afrika later selfs as Tertullianiste bekend gestaan het. Tertullianus was 'n baie vrugbare skrywer en talle van sy werke het behoue gebly".
- Wie was die Montaniste? Hulle was 'n Christelike beweging in die 2de eeu nC wat gestig is deur Montanus in die streke van Frigië (Huidige Turkye). Hulle glo in die direkte werking van die Heilige Gees en dat die Heilige Gees steeds nuwe openbaringe deur Sy profete gee, veral deur Montanus en twee vroulike profete van daardie tyd.
Stander skryf verder: “Ons weet ook dat Cyprianus, 'n ander kerk-
vader uit die derde eeu nC, groot respek vir Tertullianus gehad het en daagliks sy boeke gelees het. Meer nog, Tertullianus het 'n uiters belangrike rol in die ontwikkeling van die teologie van die ortodokse Kerk gespeel. Hy was byvoorbeeld die eerste persoon wat die woord Drie-eenheid (Latyn: trinitas) geskep het. Tertullianus het die dogma van die Drie-eenheid breedvoerig in sy Teen Praxeas bespreek, en baie van die formulerings hierin is ongeveer 100 jaar na die Vergadering van Nicea as ortodoks verklaar.” (Die Teen Praxeas handel oor belangrike teologiese werk waarin hy 'n persoon met die naam van Praxeas teengestaan het oor sy Monoteïstiese siening van God).
Dit blyk uit 'n opsomming van ChatGPT m.b.t. die vergadering van Konstantinopel, dat een van die sake op die agenda van die Konsilie van Konstantinopel gehandel het oor die "Persoon van die Heilige Gees." Volgens hierdie inligting het die gedagte begin ontstaan dat die Heilige Gees 'n minderwaardige rol speel in die Godheid in vergelyking met dié van die Vader en dié van die Seun. Hierdie dwaling kon waarskynlik sy oorsprong gehad het in die feit dat die Heilige Gees as die derde Persoon in die Godheid verklaar word, volgens die Drie-Eenheids teologie. Die analogie van die fontein, rivier en stroom wat Tertullianus voorgehou het, kon lei tot so dwaling. (Net terloops: Uit 'n wetenskaplike oogpunt is die orde m.b.t die fontein (Vader - 1ste Persoon in Godheid), die rivier (Jesus - 2de Persoon in Godheid), en die stroom (Heilige Gees - 3de Persoon in die Godheid), verkeerd. By riviervorming is dit grondwater wat as 'n fontein uitstoot wat 'n stoompie vorm. Wanneer twee strome van dieselfde orde by mekaar inloop word 'n rivier eers gevorm wat Jesus dan die derde Persoon in die Godheid maak. Met die Heilige Gees wat Maria oorskadu het, sou dit dalk 'n meer logiese orde in die Drie-Eenheidsverklaring gewees het.
Op bladsy 16 van dieselfde boek skryf Prof. Stander verder: "Hierdie jaartal (325 nC - Konsilie van Nicea) verteenwoordig 'n belangrike keerpunt in die geskiedenis van die vroeë Christelike Kerk: Voor 325 nC het die Christene swaar vervolging gely en dikwels met hulle lewens geboet bloot omdat hulle hul geloof in Jesus Christus bely het. Na 325 nC is die Christendom deur die Staat as 'n wettige godsdiens aanvaar. Ongelukkig het die Christene na hierdie vergunning baie lewenskrag verloor. Voor 325 nC het die vervolginge die Kerk suiwer gehou en vals Christene in 'n gemeente was nie volop nie. Dit was net te gevaarlik om 'n Christen te wees!" Uit geskiedenis blyk dit dat die Christelike Kerk op die vergadering van 381nC deur die Staat erken is, wat ook, volgens Prof Stander, aanleiding gegee het tot die geestelike afplatting binne Jesus se kerk, omdat vervolging opgehou het.
Dit is duidelik dat die vroeë kerk in die eerste twee eeue nC nie na God verwys het as 'n Drie-Enige Here nie. Prof. Stander bevestig dat Tertullianus hierdie begrip "GESKEP" het en dit is eers in 381nC as die algemene siening in die kerk aanvaar. Ons moet besef dat die skrifte wat handel oor die Godheid vir ons menslike brein dikwels moeilik is om te verklaar, aangesien die invalshoek t.o.v. hierdie skrifte die leser se oortuiging kan beïnvloed. Wat ook waar is, is die feit dat dieselfde skrifte dikwels gebruik word as verdediging tussen voorstanders van die Drie-Eenheidsleer én die van die Eenheidsiening, net met verskillende invalshoeke.
Die kwessie is egter: As God Homself in Sy Woord op verskeie plekke met die term as 'n "Enige Here"(One God) beskryf, moet ons Tertullianus se "GESKEPTE" terminologie as 'n Drie-Enige God gebruik of moet ons bly by die Bybelse beskrywing van God en kyk hoe die Nuwe Testamentiese konsep van Vader, Seun en Heilige Gees in die Eenheid van die Godheid inpas?
Ons moet onthou dat die fokus van die Drie-Eenheidsleerstelling Jesus se Godheid voorstaan, maar die konsep van die Drie Persone in Een God opsigself problematies kan wees wanneer dit kom by Jesus wat aan die Regterhand van God sit as daar dan net een troon in die hemel is en "Een wat sit op die troon" en ander skrifte soos Jesus wat sê dat Hy nie weet wanneer die wederkoms sal plaasvind nie asook Joh. 14:28 waar Jesus verklaar dat die Vader GROTER is as Hy en Jesus se woorde aan Pilatus in Joh. 5:19 en 30 dat die Seun van die mens uit Homself niks doen nie, maar alles doen wat die Vader Hom beveel, om enkele kwessies te noem.
Net so is daar ook skrifte wat moeilik is om te verklaar aan die kant van die Eenheidsleerstelling. Gen. 1:26 wat verwys na "ONS" en Johannes se verklaring van drie wat getuig in die hemel en hierdie drie is een, asook dieselfde skrifte hier bo genoem, om na enkele kwessies te verwys. Wat wel 'n invloed het op die oortuiging van beide kante van hierdie sieninge is die invalshoek en leerstellige bril waarmee ons na die skrifte kyk. Die kwessie bly steeds die verandering van God se beskrywing oor Homself omdat die derde laaste en vierdie laaste verse van die Bybel ons vermaan om niks by God se Woord te voeg of iets daaruit weg te laat nie.
Om meer lig op hierdie onderwerp te plaas moet ons gaan kyk wat die Ou Testament oor die lang verwagte Messias sê.
Wat sê die Ou Testament oor Jesus se identiteit?
In Hand. 28:21-23 en verse 30-31 skryf Lukas die volgende m.b.t.
Paulus se verdediging: "En hulle het vir hom gesê: Ons het geen briewe oor u van Judéa ontvang nie; ook het niemand van die broeders hier aangekom en iets slegs van u berig of gepraat nie. Maar ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word. En hulle het vir hom 'n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in 'n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus. En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het, terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering".
Paulus onderrig sy nuwe dissipels oor die dinge van God se Koninkryk en dan leer hy hulle aangaande Jesus vanuit die die boeke van Moses en die Profete. Hieruit blyk dit dat die inligting m.b.t Jesus en God se koninkryk voldoende omskryf is in die Ou Testament vir ons om te verstaan.
Ons het reeds in die lesing "SIEN DIE GROOTPRENT" geleer dat die woord "Koninkryk" saamgestel is uit twee woorde nl.:
Die feit dat die Nuwe Testament op vele plekke na die "Koninkryk van God" verwys, lewer die bewys dat God self die Koning van
hierdie ryk is. In opsomming verwys die Koninkryk van God na God se heerskappy. Dawid beskryf hierdie Koninkryk en heerskappy van God in Ps. 145:10-13 waar hy sê: "Al U werke loof U, o Here, en U gunsgenote prys U. Hulle (God se werk/skepping/gunsgenote) maak melding van die heerlikheid van U koninkryk en spreek van U mag, om aan die mensekinders Sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van Sy koninkryk. U koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue en U HEERSKAPPY duur deur al die geslagte." Dawid verklaar onomwonde dat God se Koninkryk 'n Koninkryk van alle eeue is en dat God se heerskappy deur al die geslagte duur. By implikasie beteken dit dat God van altyd af Koning oor alles is. Onthou die opskrif aan die kruis van Jesus: "Hy is die Koning van die Jode!" (Luk. 23:38). By implikasie beteken dit dat Jesus die Koning van God se Koninkryk is. In 1 Tim. 1:17 verwys Paulus na Jesus se Koningskap: "Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen." Hier sien ons dat die Koning van alle Konings, God in Christus is.
Paulus bevestig dit in Rom. 1:19-20: "Omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af (van die begin af) in Sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik Sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie." Die "onsigbare" dinge waarna Paulus hier verwys, is God se ewige krag en Sy Goddelikheid. Die King
James vertaling gebruik die woord "Godhead", wat na die Godheid van hierdie Skepper verwys. As ons dus meer van God se Godheid wil leer ken, moet ons by die verhaal van die skepping begin.
So vroeg soos Gen. 1:1 ontmoet ons reeds hierdie God en hier leer ons Hom ken as die Skepper van hemel en aarde. Vers 1 sê: "In die begin het God die hemel en die aarde geskape." Dit beteken dat God voor alles is. God is ook ewig en alles wat is (geskep is), het deur Hom ontstaan. Alle teorieë met betrekking tot die skepping wat nie by God begin nie, is vals en 'n misleiding van Satan self.
Hierdie eerste woorde van die Bybel maak die bestaan van God aan ons bekend. Die Bybel probeer nie om die bestaan van God te bewys nie, maar bevestig dat God reeds voor die skepping bestaan het. Die woord "God" in Hebreeus is "Elohim" wat 'n meervoudige beskrywing van die selfstandige naamwoord aandui. Hierdie meervoudsvorm dui egter nie op 'n meervoudige (meer as een) God nie, maar op die grootheid en onbeperkte krag van hierdie God. (The Complete Bible Commentary - Bl. 12) Die woord "God", soos hier gebruik, beteken letterlik "Opperwese" of "Hoogste God", wat die God van die Bybel se verhewe staat, krag en heerlikheid beskryf. Dit beteken dat dit onmoontlik is dat daar 'n ander god of koning hoër en meer verhewe kan wees as die God wat alles geskape het en deur Sy skeppingskrag die Eienaar van alles geword het.
Moses sê in Ps. 90:2: "Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot
ewigheid is U God." God bestaan nie net van die begin van die skepping af nie; Sy bestaan is van "ewigheid tot ewigheid." In vers 4 sien ons dat selfs tyd geen effek op God se bestaan het nie. Die woord "ewigheid" dui op 'n tydlose staat: "Want duisend jaar is in U oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak." God is nie in tyd nie, maar tyd is in God. God is dus die eienaar van die heelal en daarom heers Hy ook as Koning oor alles.
Die tweede aspek m.b.t. God wat Gen. 1 vir ons uitlig, is die feit dat God in wese Gees is. Vers 2 verklaar: "En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters." In Joh. 4:24 staan: "God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid." Uit hierdie skrifte is dit duidelik dat God nie 'n Gees het nie, maar dat Hy Gees is. Paulus sê in 2 Kor. 3:17: "Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid".
Tydens Jesus se verskyning aan Sy dissipels ná Sy opstanding, toe Hy in liggaamlike gedaante aan Sy dissipels verskyn het, het Jesus vir hulle in Luk. 24:39 gesê: "Kyk na My hande en My voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie." Met hierdie woorde definieer Jesus vir ons die feit dat "'n gees" nie 'n stoflike liggaam het nie, maar 'n onsigbare wese is wat nie deur die natuurlike sintuie waargeneem kan word nie. As God dan Gees is, verklaar ons dat Hy stofloos en vir die menslike oë onsigbaar is. Hy besit dus nie 'n stoflike liggaam soos ons nie.
In Ex. 33:20 sê God dat geen mens Sy Wese sal kan aanskou en bly lewe
nie: “Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie." In Joh. 1:18 sê Johannes ook dieselfde oor God: "Niemand het ooit God gesien nie...." Met hierdie verse verklaar die Bybel onomwonde dat niemand God ooit in Sy volle heerlikheid en krag gesien het of sal kan sien nie. Tog leer ons van verskeie plekke in die Bybel waar mense verklaar dat God aan hulle verskyn het. In Jes. 6:1 sê die profeet: "In die sterfjaar van koning Ussia het ek die Here sien sit op 'n hoë en verhewe troon, terwyl Sy some die tempel gevul het." In Ex. 24:10 sê Moses dat hy en die geestelike leiers wat by hom was "die God van Israel gesien" het.
Is daar dan 'n weerspreking in die Woord van die Here aangaande hierdie saak? Die antwoord is: Beslis nee! Om hierdie verskynings van God te verduidelik, wil ons graag verwys na 'n mens wat na sy weerkaatsing in 'n spieël kyk en dan in waarheid sê: "Ek het my gesig gesien." Hy kan ook met waarheid sê: “Ek het nog nooit my gesig werklik gesien nie.” Want alhoewel hy die weerkaatsing van sy gesig in die spieël gesien het, het hy nog nooit sy gesig direk gesien soos hy sy hande, arms, voete ens. gesien het nie. Dit is ook waar aangaande die mens se aanskouing van God. Al wat hulle gesien het, was Sy "Beeld" of "Openbaring" aan hulle. Niemand kan God in Sy almag, alomteenwoordigheid, onbeperktheid en heiligheid sien en bly lewe nie, weens die teenwoordigheid van die gevalle natuur van die mens.
Onhou God se beskrywing oor Homself:
In Deut. 6:4 praat God self oor Sy Godheid: "Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here." Ons het reeds gesien dat Paulus in Rom. 1:19-21 verklaar dat ons God se ewige krag en Godheid deur Sy skeppingswerke kan leer ken en daarom gaan ons weer terug na Génesis 1.
In Vers 26 maak die Bybel die volgende verklaring oor God: "En God het gesê: Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis..." In die lig van God se verklaring aan Israel in Deut. 6:4, lyk dit of daar 'n teenstrydigheid in inligting tussen hierdie twee verse is. In die "New King James" vertaling is Deut. 6:4 as volg weergegee: "Hear, O Israel: The Lord our God, the Lord is ONE!" Die Hebreeuse woord vir "Enige" is: "Echad" wat EEN beteken. In die Spirit Filled Bible word hierdie woord as volg verklaar: 'One; a unit; united. "Echad" serves to portray the same range of meaning as "one" does in English, from the very narrowest sense (one and one only, as in Eccles. 9:18: "One sinner destroys much good")'. Die "Spirit Filled" Bybel verklaar verder: "Deut. 6:4-6 is the most important text in the Old Testament. Jesus called it the greatest commandment of Scripture, and it remains the central confession of Judaism to the day. The foundational truth for world redemption is that there is one God who creates and redeems, and yet the New Testament shows that God is Father, Son and Holy Spirit." In al hierdie verklarings sien ons dat daar sonder twyfel net Een God is wat alles geskep het.
As God Homself dan as 'n "Enige Here" beskryf, waarom gebruik Hy in Gen. 1:26 die meervoudsvorm "Ons": "Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis..."? Om lig op hierdie saak te werp, moet ons Gen. 9:6 en Ps. 100:3 lees: "Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur 'n mens vergiet word; want God het die mens na SY beeld gemaak." Hier verwys Moses na SY BEELD wat die enkelvoud aandui. In Ps. 100:3 maak die Psalmdigter dieselfde stelling: "Erken dat die Here God is: HY het ons gemaak, en ons is Syne....".
Die vraag is: Hoekom gebruik God dan die meervoudige beskrywing in Gen. 1:26? In die "Complete Bible Commentary - Bl 16" word die volgende verklaring daarvoor gegee: "The 'US' has been a subject of no small debate. Some of the explanations have included:
"Keil and Delitzsch are more likely right as they regarded it as "pluralis majestatis" - an interpretation which comprehends in its
deepest and most intensive form. (God speaking of Himself and with Himself in the plural number, NOT reverentiae causa (uit eerbied of weens respek), but with reference to the fullness of the divine powers and essences which He possesses).... ".
Die volgende verklaring uit "A Bible Commentary for Bible students Vol 1" lui as volg: "As regards to the use of the plural here, Maimonides thinks that God took counsel with the earth, the latter (earth) supplying the body and Elohim the soul. But it is denied in Isa. 40:13 that God ever took counsel with anyone but Himself. The Jewish interpreters generally think that the angels are meant. More truly and more reverently we may say that this first chapter of Genisis is the chapter of mysteries, and just as "the wind/breath of God" in verse 2 was the pregnant germ which grew into the revelation of the Holy Ghost, so in Elohim, the many powers concentrated in one being, lies the germ of the doctrine of plurality of persons in the Divine Unity. It is not a formal proof of the Trinity, nor do believers in the inspiration of Holy Scriptures so use it".
Uit die bogenoemde studie Bybels is dit duidelik dat die algemene siening m.b.t. die meervoudsvorm "Ons" nie na 'n meervoudige God of 'n Drie-Enige God verwys of ook na die teenwoordigheid van meer as een God nie, maar eerder na die grootheid en almag van God waarna Jes. 66:1 verwys: "Die hemel is My troon en die aarde die voetbank van My voete." Verder is dit ook duidelik dat Bybelstudente
nie die "Ons" behoort te gebruik om die leerstelling van die Drie-Eenheid van God te versterk nie. As Keil en Delitzsch sê dat die gebruik van die meervoudsvorm "Ons" verwys na "pluralis majestatis" (meervoud van majesteit), sê hulle dit na aanleiding van die feit dat daar altyd in die Hebreeuse skryfstyl na die meervoudsform verwys word om iets groots, majestieus en verhewe te beskryf.
Campbell Morgan maak die volgende stelling: "We are concerned however, with the word that Moses used, Elohim. Elohim is a Hebrew plural and there are those who see in this the suggestion of the Trinity. Personally, I am never convinced that there is anything of value in that suggestion. The Hebrew language applies the plural in an intensive way when it desired to signify that the thing referred to by the noun itself is superlative." (Great Chapters of the Bible - Pg. 15) Weereens sien ons dat die meervoudsvorm nie na 'n meervoud van gode of persone in die Godheid verwys nie, maar eerder dui op die meervoudige deugde en eienskappe van die "Een God" van wie Deut. 6:4 sê: "Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here." (The Lord our God, the Lord is one!!)
Die vraag is: Kan ons dit ook met ander skrifte in die Bybel staaf?
Die antwoord op die vraag is 'n besliste: Ja! In Gen. 1:26 sê God: "Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis....." Indien die "Ons" enigsins na "meer as Een God" verwys, moes die woorde "beeld" en "gelykenis" ook in die meervoudsvorm geskryf
gewees het. Die beeld en gelykenis waarna hier verwys word, is in enkelvoudsvorm wat direk na God self verwys. In vers 27 staan: "En God het die mens geskape na Sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape." Ons moet onthou dat die Hebreeuse woord vir God soos hier gebruik, "Elohim" is.
Toe God Moses in Ex. 7:1 na Farao gestuur het, het God vir hom die volgende gesê: “Kyk, Ek stel jou as 'n god (Elohim) vir Farao......" Alhoewel die woord elohim ook hier verwys na die meervoudsvorm en aan Moses toegesê word, kan dit nooit dui op "meer as een" Moses nie, maar beskryf dit die krag en grootheid waarmee God Moses sal stuur. In Ex. 20:2-5 gee God aan Moses die volgende Wet: "Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode (elohim) voor My aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie, want Ek (enkelvoud), die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My (enkelvoud) haat".
In Deut. 32:39 vereer Moses God in 'n loflied met die volgende woorde: "Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god (elohim)
naas My is nie......" Naas God is daar geen ander god nie! Hy is die "Skepper-Koning" wat eienaar van alles is. God bevestig Sy Koningskap in Jes. 43:15: "Ek is die Here, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning." In Jes. 44:6 verklaar Hy verder oor Homself: "So sê die Here, die Koning van Israel en sy Losser (Verlosser), die Here van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie." In vers 24 vra God of daar iemand by Hom was toe Hy die skepping gemaak het: "So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die Here wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei - Wie was met My?" (Lees ook: Jes. 45:18).
Die volgende skrifte bevestig hierdie bogenoemde feite verder:
So is daar talle ander skrifte wat verklaar dat daar net Een God is. Ons het reeds gesien dat Jesus self ook hierdie waarheid beklemtoon. In Mark. 10:17-18 hardloop daar 'n ryk jongman na Jesus toe en terwyl hy voor Hom neerval, vra hy: "Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe EEN, naamlik God." Met hierdie woorde sien ons dat Jesus self ook die gedagte onderskryf dat God 'n Enige Here is, soos uiteengesit in Deut. 6:4.
In Mark. 12:28-31 vind ons Jesus se spontane houding met betrekking tot hierdie wet van God: "En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal? En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here onse God, is 'n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. En die
tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen gebod groter as dié nie".
Op hierdie stelling van Jesus maak die skrifgeleerde die volgende opmerking in vers 32: "Goed, Meester, U het met WAARHEID gesê dat God EEN IS en daar GEEN ander is as Hy nie." Op hierdie antwoord van die skrifgeleerde sê Jesus vir hom in vers 34: "Jy is nie ver van die KONINKRYK van God nie".
Uit Jesus se antwoord aan die skrifgeleerde dat daar net Een God is, is dit duidelik dat hierdie waarheid die mens nader bring aan God se Koninkryk (Sy heerskappy - Inwonende krag van God se Heilige Gees) in ons. Die feit dat die Nuwe Testament open met die konsep van Vader, Seun en Heilige Gees, is omdat die Nuwe Testament afskop met die geboorte van die lang verwagte Messias wat sou kom, in wie die soewereine Gees van God gewerk het om God se verborge verlossingsplan van Gen. 3:15 te volbring.
Die invalshoek waarmee die Seunskap van Jesus benader word, het 'n groot invloed op 'n persoon se interpretasie van die Godheid. Die Drie-Eenheidsleer interpreteer die Skrifte m.b.t Jesus vanuit die standpunt dat God Sy EWIGE SEUN WAT AAN SY REGTERHAND STAAN aarde toe gestuur het om Satan te oorwin, terwyl die Eenheidsleer verstaan dat God Sy GEES en HEERLIKHEID in die tweede Adam naamlik die Seun van die Mens DEUR GEBOORTE KOM OPENBAAR HET.
Nadat Jesus sy versoeningswerk volbring het, het die Gees van God in Christus teruggekeer in die boesem van die God, wie Vader is van alle dinge terwyl Sy volmaakte versoeningswerk vir ewig aan die regterhand van God sal wees omdat Hy vir Ewig middelaar geword het van 'n beter verbond.
Skrifte soos: Die Engel van die Verbond; Jesus het opgevaar en Gaan sit aan die Regterhand van God en dié waar Jesus verklaar dat Hy van die dag en die uur van die wederkoms nie weet nie; moet in die lig van Sy vleeswording as Seun van die Mens gesien word, omdat die boek van Hebreërs (4:15) vir ons sê dat Hy in alle opsigte met ons swakhede medelye gehad het en in Heb. 10:12 dat Hy, nadat Hy een slagoffer gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God as ewige Middelaar.
Toe Abraham met God ontmoet het voor die verwoesting van Sodom en Gomorra het Abraham drie MANNE gesien waarvan een die Here self was. In teologie verwys dit na "Theofanie" wat 'n Godverskyning impliseer. As dit Jesus in die gestalte van 'n engel was het ons 'n probleem met die verklaring in Heb. 1:3-5: "Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle. Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal6
vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring (wederkoms), sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid".
Die Engel van die Verbond is die ewige Gees van God wat in die gestalte van 'n Mense-seun gekom het om die verbond van God met Adam en Eva en later Sy verbond met Abraham, te vervul.
Dit is hoekom Dawid in Ps. 2:2-8 die verklaring maak: "Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting".
In die vorige skrif (Heb. 1:3-5), het ons gesien dat Jesus "gaan sit het aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte".
Die vraag is: Wanneer?
Dieselfde skrif antwoord dit: "NADAT Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit ann die REGTERHAND van die Majesteit in die hoogte." Dit word ook bevestig in die die gebeure by die hemelvaart (Mark. 16:19). Vanuit die invalshoek van die Drie-Eenheidsiening is Jesus aan God se regterhand omdat Hy huidiglik vir ons by God intree. Hierdie stelling is
absoluut waar, aangesien Paulus in Rom. 8:34 sê: "Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree." By implikasie is hierdie benadering die rede waarom baie gelowiges in hulle gebedsverhouding met God tot Jesus bid in die verwagting dat Jesus as tweede persoon in die Godheid, hulle gebede na die Vader sal neem.
Hierdie benadering kom vanuit die Priesterskap van Jesus, waar Hy vir ons as 'n ewige Middelaar voor GOD optree. In Heb. 7:21-27 sien ons die praktiese implikasie hiervan: "maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek— in sover het Jesus van 'n beter verbond borg geword. En hulle het wel priesters geword in 'n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit 'n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom (deur SY BLOEDOFFER/VOLBRINGDE WERK OP GOLGOTA) tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. Want so 'n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het".
Die middelaarskap van Jesus bly vir ewig omdat Hy onsterflik is, maar hierdie skrif sê dat Hy EENMAAL as middelaar met 'n ewigdurende effek opgetree het. Sy offer op Golgota het die voorhangsel van skeiding geskeur en die weg tot God geopen vir alle mense wie Hom as Verlosser deur geloof aanneem. Daarom sê 1 Tim. 2:5, 6 vir ons: "Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, DIE MENS Christus Jesus, wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd." Toe Jesus uitgeroep het dit is volbring, het het Hy Sy versoeningswerk eens en vir altyd volmaak afgehandel en omdat Hy uit die dood opgestaan het bly Sy middelaarskap vir ewig. Elke mens wat tot God wil gaan, MOET deur Jesus se offer op Golgota gaan. Niemand kan na die Vader (God) kom behalwe deur Jesus se ewige versoeningswerk nie. Die skeidsmuur van sonde is weggeneem en elke mens wat deur die geloof in Jesus gered word het toegang tot God.
In Joh. 16 gee Jesus aan ons 'n openbaring t.o.v. ons gebedsverhouding met God. In vers 20 sê Hy vir die dissipels dat hulle "sal ween en rou bedryf" wanneer Hy gekruisig sal word, maar dat hulle droefheid in blydskap sal verander wanneer hy hulle weer sal sien na Sy opstanding. Dan volg die volgenede openbaring: Verse 23-30: "Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie. En in daardie dag (NA DIE OPSTANDING en SY VERHEERLIKING) sal julle My niks vra nie (MIDDELAARSKAP VOLBRING). Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle
die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse tot julle gespreek, maar daar kom 'n uur wanneer Ek nie meer deur gelykenisse tot julle sal spreek nie, maar julle openlik van die Vader sal vertel. In daardie dag (NA DIE OPSTANDING en SY VERHEERLIKING) sal julle in My Naam bid; en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie; want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het. Ek het van die Vader uitgegaan (Jesus sê dat Hy van God uitgegaan het en in dieselfde sin dat Hy van die VADER uitgegaan het) en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader. Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nie. Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het." Hierna slaan Jesus Sy oë op na die hemel en Hy bid in Joh. 17:3, 4-6 en 21-22 die volgende woorde: "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo— dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook
in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het".
Met die lees van hierdie skrif sien ons hoe die invalshoek wat ons gebruik t.o.v. Jesus se Godheid ons siening kan beïnvloed. Aan die een kant verwys Jesus na 'n ENIGE HERE en dan gebruik Hy vanuit sy posisie as Mense-seun die woord "ONS".
Om die konsep van die regterhand af te sluit vind ons 'n pragtige voorbeeld in Salomo se lewe net nadat hy koning geword het. Sy halfbroer Adonia, wie homself koning wou maak en die volk aangehits het om hom as koning te kroon, kom na Salomo se moeder om vir hom in die bres te tree by Salomo. Sy muslukte koningskap het 'n verwydering in verhouding tussen hom en Salomo gebring; hy het geen toegang tot die koning gehad nie. Om hierdie brug te oorkom, vra hy vir Bátseba om met 'n versoek na Salomo te gaan.
Let op die protokol: 1 Kon. 2:15-20: "En hy sê: U weet dat die koningskap myne was en die hele Israel sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar die koningskap het oorgegaan en my broer s'n geword, want deur die HERE was dit vir hom bestem. En nou doen ek een versoek aan u; wys my nie af nie. En sy antwoord hom: Spreek. Toe sê hy: Spreek tog met koning Salo-
mo, want hy sal u nie afwys nie, dat hy Abísag, die Sunamitiese, aan my as vrou moet gee. En Bátseba sê: Goed, ék sal met die koning oor jou spreek. Toe Bátseba dan ingaan na koning Salomo om met hom oor Adónia te spreek, het die koning opgestaan om haar te ontmoet en voor haar gebuig; daarna het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die koning 'n stoel laat neersit, en sy het aan sy regterhand plaas geneem. Toe sê sy: Een klein versoek doen ek aan u; wys my nie af nie. En die koning antwoord haar: Vra, my moeder, want ek sal u nie afwys nie".
Hier sien ons hoe Bátseba as middelaar optree tussen Adonia en die koning. Nadat die koning op sy troon gaan sit het, het hulle vir Bátseba 'n stoel neergesit voor Salomo. Let op die posisie: Aan sy regterhand! Dit is dan ook die posisie wat Jesus, ons middelaar voor God vir ons ingeneem het toe Hy die sonde en die dood oorwin het, waardeur Hy ons saak van vergifnis deur Sy bloed voor God gebring het.
Die profeet Jesaja sê in 59:16 en 63:5 dat God verbaas was dat daar niemand was wat vir die mens kon intree nie, toe het God Sy arm (krag/ reddende regterhand) uitgestrek om verlossing te bewerk: "En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie; daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun. En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun." Daarom se God in Jes. 41:10 aan
elkeen van ons: "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand".
God se reddende regterhand en God se arm is Sy geopenbaarde krag. Jesus het gekom om ons met krag en heerlikheid te red uit die mag van duisternis en om ons oor te bring na Sy Koninkryk. Jakobus sê: "Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder". Ook verklaar Paulus in Kol 2:6-10: "Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging. Pas op dat niemand julle as 'n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. Want IN HOM WOON AL DIE VOLHEID VAN DIE GODHEID LIGGAAMLIK (Vader, Seun en Helige Gees) en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag"
En só word God se VERLOSSINGSBOUPLAN in Jesus Christus vervolmaak omdat Hy ons met Homself in Christus Jesus versoen het!